Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » traktaat
traktaat [boodskap #139855] Wed, 03 August 2022 11:01
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20993
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
traktaat
Afbreking: trak•taat


Selfstandige naamwoord: traktaat
Meervoud: traktate
Verkleinwoord: traktaatjie
Meervoud van verkleining: traktaatjies

Betekenis:
• 'n Verdrag; ooreenkoms tussen state of ander politieke magte.
• 'n Godsdienstige vlugskrif of ander verhandeling oor 'n spesifieke onderwerp.

Gebruik:
• Met die traktaat wat tussen Retief en Dingaan ooreengekom is, is 'n deel van Natal wettiglik aan die Boere oorgedra.
• Die sendeling deel traktaatjies aan verbygangers op die straathoeke uit.

Afgelei:
• grenstraktaat
• handelstraktaat
• uitleweringstraktaat
• vredestraktaat

Vertaling:
Engels: treaty; treatise
Nederlands: traktaat

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: voorlaaier
Volgende onderwerp: oordoen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 07:34:09 UTC 2025