Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » help ons asseblief o Heer
help ons asseblief o Heer [boodskap #139847] So, 31 Julie 2022 21:22
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
ek weet ek vra vir baie dinge Heer
maar hierdie keer
moet ek U vra om die ondergang van ons land te keer
want die regering was nog nooit en is steeds nie in beheer
ek weet nie wat hulle probeer
deur met die mense so gek te skeer
maar ek weet die mense se harte is baie seer

want ek sien daagliks hoe hulle treur
oor die dinge wat met hulle en die land gebeur
terwyl die regering hulle glad nie aan die geweeklaag steur
omdat hulle hulle blindstaar aan selfverryking se geur
mense word besteel, verkrag, vermoor en uitmekaar geskeur
pragtige mense wat ten spyte van dit alles steeds vorentoe beur
en deur die bloed kan dankie sê vir die natuur se kleur

slegs U o Heer
kan ons mense en ons land van ondergang keer
want bo alles is U steeds die Een in beheer
ons mense se wonde en harte is baie seer
maar steeds sal ons ons bes probeer
al voel dit soms of ons net nie meer
die krag het om hierdie euwel te keer
Vorige onderwerp: rou seer, rou stukkend
Volgende onderwerp: waarom bosbewoner
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 10:36:49 MGT 2024