Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » rou seer, rou stukkend
rou seer, rou stukkend [boodskap #139846] So, 31 Julie 2022 21:21
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
naak lê sy daar op haar rug
in die koud van die nag
steeds lewend en oopgesny
met haar ingewande in die sand aan haar sy
driekeer deur vriende verkrag

onherkenbaar verbrand lê sy langs die straat
sonder enige arms en bene
omdat sy vir haar ouers ‘n beter lewe wou gee
sonder om te weet van haar beskermer se weë
die man met ‘n pedofiel se gene

verwurg lê sy in die bed se laai
ingedruk om haar weg te steek
sonder dat dit hom pla
dat dit die bed is van sy eie ma
nadat ‘n vriend haar verkrag het terwyl sy om haar lewe smeek

rou seer was hierdie tienermeisies se lot
rou stukkend was hul ouers se vrae aan God

terwyl die regering partytjie hou en anderpad kyk
Vorige onderwerp: herfs
Volgende onderwerp: help ons asseblief o Heer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 00:26:15 MGT 2024