Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » is dit sien en hoor of is dit kyk en luister
is dit sien en hoor of is dit kyk en luister [boodskap #139820] Do, 28 Julie 2022 13:44
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
"sien" en "hoor"
dis twee woordjies wat ons baie graag gebruik
ons sien en hoor hulle elke dag in verskeie vorms
ons gebruik hul tuis, op skool, by die werk en
ja, selfs in die parlement

as ons mooi sou kyk en luister
dan sou ons sien en hoor
dat ons met sien en hoor
nie altyd sien en hoor
dít wat ons veronderstel is om te sien en te hoor

dis omdat ons net sien en hoor
in plaas van om te kyk en te luister
want as ons sien en hoor
weet ons nie waarna om te kyk en te luister
omdat ons dink sien is kyk en hoor is luister

ons kan net werklik sien as ons eers kyk hoe iets lyk
so kan ons ook net hoor as ons luister wat iemand fluister
want sonder om te kyk, weet ons nie hoe dit lyk
en sonder om te luister, weet ons nie wat word gefluister
want sien is mos nie kyk en hoor is mos nie luister
Vorige onderwerp: meiringspoort
Volgende onderwerp: om werklik arm te wees
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 13:30:04 MGT 2024