Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » meiringspoort
meiringspoort [boodskap #139819] Do, 28 Julie 2022 13:43
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
o magtige poort van die suiderland
wat strek van die klein tot die groot karoo doer anderkant
waar kom jy oorspronklik vandaan
sê my tog, hoe het jy ontstaan

was jy reeds 'n voetpad in die dinosaurustyd
waar reuse pote jou soliede kranse laat slyt
of het ander dierepote hul weg deur jou gebaan
voordat ook hul verdwyn het hiervandaan

dalk het geweldige donderbuie
die grootrivier se waters oor jou rotse laat kruie
waar dit grond en klip en plant meesleur
soos dit deur jou krake seewaarts beur

miskien het 'n verwoestende aardbewing
jou kranse uitmekaargedwing
en skep toe so die wonderpoort
ons roete tussen suid en noord

met elke oorsteek van die grootrivier
open 'n venster op die wonders hier
gekleurde kranse strek hemelhoog
jy is 'n lafenis vir elke oog

om elke draai besef mens weer
hoe swak, hoe klein, hoe teer
die mens werklik is dis tog so
jou skepper kom ook nie van hier, maar wel van Bo
Vorige onderwerp: zoeloe-liefdesbriefie
Volgende onderwerp: is dit sien en hoor of is dit kyk en luister
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 12:13:02 MGT 2024