Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » wat's fout
wat's fout [boodskap #139733] Vr, 22 Julie 2022 15:14
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
hoe het dit gebeur
dat ‘n kind wat moet leer
by die skool opdaag met ‘n geweer
om so te probeer
om die skool te regeer
terwyl sy klasmaats oor hul dooie vriende treur

wat het geword van die lat
wat moet neerreën op die gat
van die kind wat kanse vat
om so te voorkom dat
ander kinders langs die pad
deur hul klasmaats gedra moet word na ‘n finale gat

waar is al die ouers
ons nasie se bouers
moeders en vaders met breë skouers
wat moet toesien dat die verbrouers
die tradisies van hul voorouers
handhaaf en eerbiedig soos sporttoeskouers

die wette is steeds daar
dis regtig waar
ons moet net ophou aanvaar
om saam te leef met die gevaar
deur dit uit te roei sodra ons dit gewaar
en so ons kinders se kosbare lewens spaar
Vorige onderwerp: weskusland
Volgende onderwerp: woordspel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 23:54:17 MGT 2024