Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » gedigte en skoenlappers
gedigte en skoenlappers [boodskap #139712] Di, 19 Julie 2022 20:31
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
wanneer ek aan gedigte dink
verskyn daar skoenlappers op my geheueskerm
omdat skoenlappers en gedigte so eenders is

die skoenlapper is ‘n klein onopvallende insek
met die pragtigste vlerke in die ganse Skepping
die skoenlapper ontstaan wanneer ‘n eier ‘n wurm word
wat later in ‘n papie verander
en waaruit die skoenlapper dan ontvou

die gedig is kort niksseggende teks
met die kragtigste boodskap uit die mensehart
die gedig ontstaan wanneer ‘n beeld of klank ‘n waarneming word
wat later in ‘n emosie verander
waaruit die gedig dan op papier ontvou
Vorige onderwerp: my hart is stukkend
Volgende onderwerp: afrikaans - reënboogtaal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 22:21:28 MGT 2024