Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sintel
sintel [boodskap #139705] Sat, 16 July 2022 19:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20993
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Sintel
Sintel
sintel
Afbreking: sin•tel


Selfstandige naamwoord: sintel
Meervoud: sintels
Verkleinwoord: sinteltjie
Meervoud van verkleining: sinteltjies

Betekenis:
• Stuk hout of steenkool wat nie heeltemal uitgebrand is nie; steenkoolas.
• Korrelige stolsel wat deur 'n vulkaan uitgewerp is; vulkaanslak.

Gebruik:
• In die donker kan 'n mens die sintel van sy sigaret sien gloei.
• 'n Atletiekbaan se oppervlak is gewoonlik met sintel of kunsstof oordek.

Afgelei:
• sintelbaan
• sintelpad
• sintelsteen
• sintelvulling

Vertaling:
Engels: ember
Nederlands: sintel

Nota:
• Leenwoord uit Duits.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: grondwet
Volgende onderwerp: spierkundige
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 07:01:04 UTC 2025