| grondwet [boodskap #139704] |
Sa., 16 Julie 2022 08:37 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26148 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
grondwet
Afbreking: grond•wet
Samestelling: grond + wet
Selfstandige naamwoord: grondwet
Meervoud: grondwette
Verkleinwoord: grondwetjie
Meervoud van verkleining: grondwetjies
Betekenis:
• Wet wat altyd geld en waaraan ander wette ondergeskik is.
Gebruik:
• Die Grondwet van Suid-Afrika is op 4 Desember 1996 deur die Konstitusionele Hof aanvaar en is die hoogste wet van die land.
Sinoniem:
• konstitusie
• landswet
• staatswet
Hiponiem:
• konsepgrondwet
• ontwerpgrondwet
Afgelei:
• grondwetgewend
• grondwetlik
• grondwetsartikel
• grondwetshersiening
• grondwettig
Vertaling:
Engels: constitution, fundamental law
Nederlands: grondwet
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: So., 16 Augustus 2026 09:35] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|