Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » die meisie by die kruising
die meisie by die kruising [boodskap #139700] Vr, 15 Julie 2022 16:30
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
sy’s nog maar skaars laerskoolmateriaal
maar is reeds vlot in die man op die straathoek se taal
waar sy vuil en verslete geklee
‘n glimlag aan elke verbyganger gee
met ‘n vonkel van hoop in die oog
hou sy die karton met die boodskap omhoog
terwyl sy flink tussen die motors deur beweeg
so rats soos ‘n kat in ‘n baie noue steeg

is dit werklik ‘n glimlag wat sy daar gee
of is dit ‘n trek van pyn soos die kokende teer haar naakte voetsole smee
en daardie vonkel in die oog
lyk ook nie baie droog
is dit nie dalk ‘n traan
uit verlange na ‘n ander bestaan
dalk om ook soos die kinders te lyk
wat na haar vanuit hul ouers se blink motors kyk

die antwoorde hierop sal ons nooit weet
want ons het lank reeds van ons kinders vergeet
ons weet van die dinge wat met hulle gebeur
maar ons is te belangrik om ons aan hul probleme te steur
ons is immers besig om te presteer
daar is net nie tyd om met hulle te kommunikeer
mag ons tog net betyds wakker word
voordat ons laaste kinders oor die afgrond stort
Vorige onderwerp: afrika
Volgende onderwerp: my hart is stukkend
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 02:21:45 MGT 2024