Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aaneenskryf
aaneenskryf [boodskap #139407] Sun, 15 May 2022 16:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
aaneenskryf
Afbreking: aan•een•skryf
Samestelling: aaneen (bw.) + skryf (ww.)


Werkwoord: skryf aaneen, aaneenskryf
Verlede tyd: het aaneengeskryf

Betekenis:
• Om aaneenlopend te skryf, nie in drukletters nie.
• Om woorde vas en sonder spasies tussenin te skryf.

Gebruik:
• Kan jy al aaneenskryf?
• Die woord word aaneengeskryf.

Wisselvorm:
• aaneenskrywe

Vertaling:
Engels: to join up letters or words
Nederlands: aaneenschrijven


Selfstandige naamwoord: aaneenskryf
Meervoud:

Betekenis:
• Lopende of kursiewe skrif, of die gebruik om samestellings vas en sonder spasies te skryf.

Gebruik:
• Ons het vir ure aaneen die aaneenskryf van woorde geoefen.

Sinoniem:
• aanmekaarskryf
• vasskryf

Antoniem:
• los skryf

Vertaling:
Engels: cursuve writing
Nederlands: aaneenschrijven

Nota:
• Die meneer laat ons aaneen skryf (sonder ophou, die hele tyd, twee woorde).

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: okuleer
Volgende onderwerp: sierboom
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 17:48:45 UTC 2025