vrolikheid [boodskap #139383] |
Tue, 10 May 2022 13:44 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vrolikheid
Afbreking: vro•lik•heid
Samestelling: vrolik + -heid
Selfstandige naamwoord: vrolikheid
Meervoud: vrolikhede
Betekenis:
• Die handeling van vrolik wees.
Gebruik:
• Vrolikheid het uit ons lewe verdwyn, ons koordanse het plek gemaak vir rou. [Klaagliedere 5:15]
Spreekwoord:
• Na vrolikheid kom olikheid. [Na groot blydskap kom droefheid.]
Sinoniem:
• joligheid
• lewendigheid
• opgeruimdheid
• opgewektheid
• uitbundigheid
Antoniem:
• olikheid
Vertaling:
Engels: cheerfulness, merriment, gaiety
Nederlands: vrolijkheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|