aansteek [boodskap #138528] |
Fri, 03 December 2021 16:14 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aansteek
Afbreking: aan•steek
Samestelling: aan + steek
Werkwoord: steek aan, aansteek
Verlede tyd: het aangesteek
Betekenis:
• Om te laat brand; 'n vuur te begin; opsteek.
• Om met 'n skerp voorwerp vas te maak; vassteek; aanspeld.
• Om 'n siekte deur infeksie op te doen; infekteer.
Gebruik:
• Steek die vure aan.
• Kan ek vir jou 'n ruiker aansteek?
• Ek het die verkoue by haar aangesteek.
Spreekwoord:
• Een brandsiek skaap, kan die hele trop aansteek. [Een slegte mens kan baie mense verkeerd beïnvloed.]
Afgelei:
• aansteekbord
• aansteeklik
• aansteekstok
• aansteektyd
• aansteekvlam
• aansteker
Vertaling:
Engels: to light a fire; to pin on; to infect
Nederlands: aansteken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|