| infekteer [boodskap #138527] |
Vr., 03 Desember 2021 15:34 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26872 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
infekteer
Afbreking: in•fek•teer
Werkwoord: infekteer
Verlede tyd: het geïnfekteer
Teenwoordige deelwoord: infekterend, infekterende
Verlede deelwoord: geïnfekteerde
Betekenis:
• (biologie) Om 'n infeksie te veroorsaak deur die liggaam binne te dring en te vermeerder.
• (rekenaars) Om met 'n rekenaarvirus te besmet.
Gebruik:
• Muskiete kan virusse oordra en mense met malaria, geelkoors en ander siektes infekteer.
• 'n Virus het my rekenaar geïnfekteer.
Sinoniem:
• aansteek
• aantas
• besmet
• oordra
Afgelei:
• disinfekteer
Verwant:
• infeksie
• infektering
Vertaling:
Engels: to infect
Nederlands: infecteren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|