Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » jota
jota [boodskap #138495] So, 28 November 2021 18:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18629
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Jota.
'n Jota.
jota
Afbreking: jo•ta


Selfstandige naamwoord: jota
Meervoud: jotas
Verkleinwoord: jotatjie
Meervoud van verkleining: jotatjies

Betekenis:
• Die 9de en kleinste letter in die Grieke alfabet, of figuurlik, 'n kleinigheid.
• Volksdans uit die Noorde van Spanje, of die musiek daarvoor.

Gebruik:
• Voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie. [Matteus 5:18]
• Die danser kombineer Spaanse volksdanse soos die flamenco en jota met klassieke ballet.

Spreekwoord:
• Geen jota of tittel nie. [Heeltemal niks nie.]

Sinoniem:
• flenter
• kleinigheid
• stukkie
• spikkel

Vertaling:
Engels: iota, jot
Nederlands: jota

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wysgeer
Volgende onderwerp: koorsang
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 06:37:40 MGT 2024