vergelding [boodskap #138324] |
Sun, 31 October 2021 18:11 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vergelding
Afbreking: ver•gel•ding
Samestelling: vergeld + -ing
Selfstandige naamwoord: vergelding
Meervoud: vergeldinge, vergeldings
Betekenis:
• Straf of wraak vir 'n misstap wat begaan is.
Gebruik:
• Sy uur van vergelding het uiteindelik aangebreek.
Sinoniem:
• afrekening
• bestraffing
• nemesis
• retribusie
• straf
• teenoffensief
• teregwysing
• terugbetaling
• wraak
• wraaksug
• wreek
• weerwraak
Afgelei:
• vergeldingshonger
• vergeldingsmaatreël
• vergeldingspolitiek
• vergeldingsreg
Verwant:
• vergelder
• vergelding
Vertaling:
Engels: retribution, retaliation
Nederlands: vergelding
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|