Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » oorlaai
oorlaai [boodskap #138066] Di, 28 September 2021 09:46
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
oorlaai
Afbreking: oor•laai
Samestelling: oor + laai


Werkwoord: oorlaai
Verlede tyd: het oorgelaai

Betekenis:
• Om van die een voertuig na 'n ander te laai.

Gebruik:
• Die vragmotor het gebreek en ons moes al die meubels op 'n ander vragmotor oorlaai.

Sinoniem:
• herpak
• oorpak

Afgelei:
• oorlaaiery
• oorlaaikoste

Vertaling:
Engels: to reload
Nederlands: óverladen


Werkwoord: oorlaai
Verlede tyd: het oorlaai

Betekenis:
• Om te veel op bus, wa, ens. te laai of te plaas.
• (figuurlik) Om te veel werk te gee.

Gebruik:
• Ons moes stadig ry, want pa het die motor oorlaai.
• Die onderwyser het die kinders met tuiswerk oorlaai.

Sinoniem:
• inundeer
• oorbelas
• ooreis
• oorweldig

Vertaling:
Engels: to overload; to give too much
Nederlands: overláden

Nota:
• Hierdie is 'n klemtoonhomogram (óórlaai vs. oorláái).

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: oordryf
Volgende onderwerp: oorlosie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 05:57:44 MGT 2024