Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » oordryf
oordryf [boodskap #138065] Di, 28 September 2021 09:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18812
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
oordryf
Afbreking: oor•dryf
Samestelling: oor + dryf


Werkwoord: oordryf
Verlede tyd: het oordryf

Betekenis:
• Om iets oordrewe voor te stel; erger of groter maak as wat dit regtig is.

Gebruik:
Oordryf jy nie 'n bietjie nie?

Sinoniem:
• aandik
• aanlas
• grootpraat
• oorbeklemtoon
• oordoen
• opblaas
• spekskiet
• vererger
• vergroot
• verromantiseer

Afgelei:
• oordrywing

Vertaling:
Engels: to exaggerate, overstate
Nederlands: overdrijven


Werkwoord: dryf oor, oordryf
Verlede tyd: het oorgedryf

Betekenis:
• Om na die oorkant te dryf.

Gebruik:
• Die wind het die boot na die oorkant van die dam laat oordryf.

Vertaling:
Engels: to drift across, blow over
Nederlands: overdrijven

Nota:
• Hierdie is 'n klemtoonhomogram (óórdryf vs. oordrýf).

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: onwillig
Volgende onderwerp: oorlaai
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 06:06:34 MGT 2024