Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » onwillig
onwillig [boodskap #138064] Di, 28 September 2021 08:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18852
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onwillig
Afbreking: on•wil•lig
Samestelling: on- + (ge)willig


Byvoeglike naamwoord: onwillig
Vergrotende trap: onwilliger
Oortreffende trap: onwilligste
Attributief: onwillige
Partitief: onwilligs

Betekenis:
• Nie gewillig nie; nie lus om iets te doen nie.

Gebruik:
• My boetie is onwillig om my te help.

Wisselvorm:
• ongewillig

Sinoniem:
• balhorig
• balsturig
• dooierig
• kenta
• kwaadskiks
• langtand
• lugtig
• lui
• ongeduldig
• ongeneë
• ongeneig
• skepties
• sleepvoetend
• stadig
• steeks
• teësinnig
• teensinnig
• traag
• weerspannig

Antoniem:
• gewillig

Afgelei:
• onwilligheid

Vertaling:
Engels: unwilling, reluctant
Nederlands: onwillig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: uitdroog
Volgende onderwerp: oordryf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 04:28:21 MGT 2024