teregwys [boodskap #138062] |
Mon, 27 September 2021 19:35 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
teregwys
Afbreking: te•reg•wys
Samestelling: tereg + wys
Werkwoord: wys tereg, teregwys
Verlede tyd: het tereggewys
Betekenis:
• Om iemand aan te spreek en op sy foute te wys.
Gebruik:
• Wie hom laat leer, wil graag kennis ontvang; wie hom nie laat teregwys nie, is 'n dom mens. [Spreuke 12:1]
Sinoniem:
• aanspreek
• afransel
• berispe
• bestraf
• betig
• dissiplineer
• dreig
• invlieg
• kapittel
• korrigeer
• reghelp
• skrobbeer
• straf
• tugtig
• uitskel
• uittrap
• uitvreet
• vermaan
Afgelei:
• teregwysing
Vertaling:
Engels: to reprimand, admonish, reprove
Nederlands: terechtwijzen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|