onderstebo [boodskap #138054] |
Mon, 27 September 2021 14:30 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
onderstebo
Afbreking: on•der•ste•bo
Samestelling: onderste + bo
Bywoord: onderstebo
Betekenis:
• Met die onderste deel na bo; vertikaal omgekeerd.
• (figuurlik) Nie reg nie; omgekrap of deurmekaar.
Gebruik:
• Die stoel lê onderstebo met sy pote in die lug.
• Op 'n blou Maandag is die wêreld onderstebo.
Sinoniem:
• agterstevoor
• binnestebuite
• bolmakiesie
• chaoties
• gat-oor-kop
• holderstebolder
Afgelei:
• koponderstebo
Vertaling:
Engels: upside-down, inverted; in confusion, upset
Nederlands: ondersteboven
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|