talentvol [boodskap #138048] |
Mon, 27 September 2021 09:47 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
talentvol
Afbreking: ta•lent•vol
Samestelling: talent + vol
Byvoeglike naamwoord: talentvol
Vergrotende trap: talentvoller
Oortreffende trap: talentvolste
Attributief: talentvolle
Partitief: talentvols
Betekenis:
• Met baie talent.
Gebruik:
• Hy was talentvol en het ook glad nie sy talent onder 'n maatemmer weggesteek nie.
Sinoniem:
• bedeeld
• begaaf
• begaafd
• geniaal
• skrander
• slim
• veelsydig
• vernuftig
Vertaling:
Engels: talented, gifted
Nederlands: talentvol
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|