wederstrewig [boodskap #138038] |
Sun, 26 September 2021 18:40 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21086 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
wederstrewig
Afbreking: we•der•stre•wig
Byvoeglike naamwoord: wederstrewig
Vergrotende trap: wederstrewiger
Oortreffende trap: wederstrewigste
Attributief: wederstrewige
Betekenis:
• Wat ongehoorsaam en opstandig is.
Gebruik:
• Maar julle wou nie optrek nie, maar was wederstrewig teen die bevel van die Here julle God. [Deuteronomium 1:26]
Wisselvorm:
• weerstrewig
Sinoniem:
• dwarstrekkerig
• dwarsweg
• eiesinnig
• koppig
• opponerend
• opstandig
• rebels
• stribbelig
• teenpraterig
• weerbarstig
• weerspannig
Afgelei:
• wederstrewigheid
Vertaling:
Engels: oppositive, recalcitrant, refractory
Nederlands: opstandig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|