tingerig [boodskap #138024] |
Fri, 24 September 2021 06:42 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
tingerig
Afbreking: tin•ge•rig
Byvoeglike naamwoord: tingerig
Vergrotende trap: tingeriger
Oortreffende trap: tingerigste
Attributief: tingerige
Betekenis:
• Wat maer/skraal is en gevolglik swak of broos lyk.
Gebruik:
• 'n Luiperd mag tingerig lyk, maar kan groot bokke met gemak plattrek.
Wisselvorm:
• tengerig
Sinoniem:
• breekbaar
• broos
• bros
• delikaat
• fyn
• kwesbaar
• pieperig
• skraal
• slank
• swakkerig
• teer
• tenger
Afgelei:
• tingerigheid
Vertaling:
Engels: slender, fragile
Nederlands: tenger
Nota:
• Van Latyn, "tener" = delikaat.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|