| distillasie [boodskap #138023] |
Do., 23 September 2021 20:29 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25514 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Apparaat vir distillasie.
distillasie
Afbreking: dis•til•la•sie
Selfstandige naamwoord: distillasie
Meervoud: distillasies
Betekenis:
• Die suiwering van 'n vloeistof deur gas of damp onder hitte af te dryf en die gekondenseerde damp te versamel.
Gebruik:
• Die distillasie van wyn lewer brandewyn.
Sinoniem:
• distillering
Hiponiem:
• stoomdistillasie
• vakuumdistillasie
• vriesdistillasie
Afgelei:
• distillasieapparaat
• distillasieproduk
• distillasietoestel
Verwant:
• distillaat
• distilleer
Vertaling:
Engels: distillation
Nederlands: distillatie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|