diskoers [boodskap #138022] |
Thu, 23 September 2021 20:06 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
diskoers
Afbreking: dis•koers
Selfstandige naamwoord: diskoers
Meervoud: diskoerse
Verkleinwoord: diskoersie
Meervoud van verkleining: diskoersies
Betekenis:
• Dit waaroor daar gesels en debat gevoer word; 'n formele toespraak, voordrag of betoog, of informeel, 'n gesprek of geselsery.
Gebruik:
• Die vervlakking van die publieke diskoers kan wêreldwyd waargeneem word.
Sinoniem:
• dialoog
• geselsery
• gesprek
• onderhoud
• redenasie
• redevoering
• toespraak
• voordrag
• voorlesing
Vertaling:
Engels: discourse
Nederlands: gesprek
Nota:
• Ook 'n werkwoord, diskoers / het gediskoers.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|