Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » respirasie
respirasie [boodskap #137781] Sat, 28 August 2021 16:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
respirasie
Afbreking: res•pi•ra•sie


Selfstandige naamwoord: respirasie
Meervoud: respirasies

Betekenis:
• Gaswisseling tussen 'n organisme en sy omliggende omgewing.
• Verbranding van voedsel in 'n sel met behulp van suurstof.

Gebruik:
• By mense vind respirasie hoofsaaklik deur die neus plaas, terwyl dit by plante deur die huidmondjies plaasvind.
Respirasie is ook 'n proses in selle wat suurstof verbruik om glukose (suiker) te verbrand en energie vry te stel.

Sinoniem:
• ademhaling
• asemhaling
• gaswisseling

Hiponiem:
• inaseming
• uitaseming

Afgelei:
• fotorespirasie
• respirasieorgane
• respiratories
• selrespirasie

Vertaling:
Engels: respiration
Nederlands: respiratie, ademhaling

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: snyding
Volgende onderwerp: trommeldik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 22:01:33 UTC 2025