Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » respirasie
respirasie [boodskap #137781] Sa., 28 Augustus 2021 16:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26631
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
respirasie
Afbreking: res•pi•ra•sie


Selfstandige naamwoord: respirasie
Meervoud: respirasies

Betekenis:
• Gaswisseling tussen 'n organisme en sy omliggende omgewing.
• Verbranding van voedsel in 'n sel met behulp van suurstof.

Gebruik:
• By mense vind respirasie hoofsaaklik deur die neus plaas, terwyl dit by plante deur die huidmondjies plaasvind.
• Respirasie is ook 'n proses in selle wat suurstof verbruik om glukose (suiker) te verbrand en energie vry te stel.

Sinoniem:
• ademhaling
• asemhaling
• gaswisseling

Hiponiem:
• inaseming
• uitaseming

Afgelei:
• fotorespirasie
• respirasieorgane
• respiratories
• selrespirasie

Vertaling:
Engels: respiration
Nederlands: respiratie, ademhaling

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: snyding
Volgende onderwerp: trommeldik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Sep. 26 12:49:33 UTC 2026