Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » rymskema
rymskema [boodskap #137774] Sat, 28 August 2021 07:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
rymskema
Afbreking: rym•ske•ma
Samestelling: rym + skema


Selfstandige naamwoord: rymskema
Meervoud: rymskemas
Verkleinwoord: rymskematjie
Meervoud van verkleining: rymskematjies

Betekenis:
• Skematiese voorstelling van hoe die eindklanke van 'n gedig dieselfde klink; die polsslag van 'n gedig.

Gebruik:
• Die rymskema van 'n sonnet is a b b a - a b b a - c d c - d c d.

Hiponiem:
• gebroke rym (a b c a)
• kruisrym (a b a b)
• paarrym (a a b b c c)
• omarmde rym (a b b a)
• slagrym (a a a a)

Vertaling:
Engels: rhyme scheme
Nederlands: rijmschema

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kopieer
Volgende onderwerp: pylinkvis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 22:54:14 UTC 2025