| kopieer [boodskap #137773] |
Sa., 28 Augustus 2021 07:35 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26455 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
kopieer
Afbreking: ko•pi•eer
Werkwoord: kopieer
Verlede tyd: het gekopieer
Teenwoordige deelwoord: kopiërend, kopiërende
Verlede deelwoord: gekopieerde
Betekenis:
• Om 'n duplikaat/kopie van iets te maak.
Gebruik:
• Sy kopieer die foto na haar rekenaar se hardeskyf.
• Hy het maatjie se huiswerk gekopieer.
Sinoniem:
• afskryf
• dupliseer
• faksimileer
• fotostateer
• herhaal
• herskryf
• kloon
• krip
• naboots
• namaak
• naskilder
• nateken
• natrek
• oorskryf
• oorteken
• plagieer
• repliseer
• verdubbel
Afgelei:
• fotokopieer
• kopieerder
• kopiëring
• kopieerink
• kopieermasjien
• kopieerpapier
• kopieerpers
• kopieertoestel
• kopieerwerk
Spelfout:
• kopieër
Vertaling:
Engels: to copy
Nederlands: kopiëren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|