senutergend [boodskap #136777] |
Fri, 04 June 2021 15:56 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
senutergend
Afbreking: se•nu•ter•gend
Byvoeglike naamwoord: senutergend
Vergrotende trap: senutergender
Oortreffende trap: senutergendste
Attributief: senutergende
Partitief: senutergends
Betekenis:
• So spannend dat dit die senuwees aantas.
Gebruik:
• Die lang wagtydperk tot jou matriekuitslae vrygestel word, kan baie senutergend wees.
Sinoniem:
• angswekkend
• kommerwekkend
• ontstellend
• sorgwekkend
• spannend
• spanningsvol
• vreeswekkend
Vertaling:
Engels: nerve-racking
Nederlands: zenuwslopend
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|