Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Beit, Alfred
Beit, Alfred [boodskap #121137] Vr, 23 November 2018 19:18 na volgende boodskap
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Alfred Beit
Alfred Beit
Alfred Beit was 'n kapitalis en medestigter, saam met Cecil John Rhodes, van Rhodesië. Gebore in Hamburg op 15 Februarie 1853 uit 'n Joodse familie. Hy leer die diamanthandel onder Jules Porges in Amsterdam en elders. In 1875 gaan hy namens sy neefs, die Lipperts, na Port Elizabeth as hulle verteenwoordiger. Daar kom hy in aanraking met Julius Wernher en Cecil John Rhodes. As 'n welgestelde diamanthandelaar word hy lid van die firma, Jules Porges & Co. Met die aftrede van Porges verander hy en Wernher die firma in 1884 na Wernher, Beit & Co. Met sy terugkeer na Engeland werp hy sy kragte in by Rhodes om die diamantmyne te amalgameer, wat die stigting van De Beers tot gevolg het. As een van die lewenslange presidente ('Life Govemors') van De Beers, was hy ook een van die vernaamste figure van die Chartered Company en in die eerste pogings om Rhodesië toeganklik te maak.

Wernher, Beit & Co., word gou toonaangewend in Barberton en daarna in die Randse goudbedryf. Beit het Rhodesië in die vroeë dae besoek, maar behou sy hoofkantoor in Londen. Anders as Rhodes bemoei hy hom nie met die politiek nie, maar bly tog sy vriend en was een van sy vernaamste trustees en erfgename. Met Beit se dood op 16 Julie 1906 het die Beit-Trust tot stand gekom. Hy het ook groot bedrae geld bemaak vir universiteitsopleiding en navorsing in Suid-Afrika, Rhodesië, Brittanje en Duitsland.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Beit, Alfred [boodskap #133492 is 'n antwoord op boodskap #121137] Sa, 12 September 2020 17:43 Na vorige boodskap
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Alfred Beit (1853 - 1906) was 'n tydgenoot en groot vriend van Rhodes. Stam uit 'n welvarende en eerbare familie in Hamburg. Kom in 1875 na Kimberley as diamantkoper. Saam met Rhodes, Barnato en Stow een van die "Groot Vier" in die De Beers-maatskappy. Neem ook saam met Rhodes ’n groot aandeel in verowering van Rhodesië en word een van die stigters van die Geoktrooieerde Maatskappy. Was een van die kopstukke in die Jameson-inval. Net soos Rhodes 'n sieklike jong man wat oujongkêrel geword het.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Beiroet
Volgende onderwerp: Bek-en-klouseer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 08:00:17 MGT 2024