bles [boodskap #136192] |
Mon, 05 April 2021 07:01 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bles
Afbreking: bles
Selfstandige naamwoord: bles
Meervoud: blesse
Verkleinwoord: blessie
Meervoud van verkleining: blessies
Betekenis:
• 'n Kaal kol in die hare.
• 'n Wit vlek op die voorhoof.
Gebruik:
• So 'n blink bles kan warm word in die son!
• Die perd het 'n bles op sy kop.
Afgelei:
• blesbok
• blesgans
• bleshoender
• bleskop
Vertaling:
Engels: bald patch, blaze
Nederlands: bles
Byvoeglike naamwoord: bles
Attributief: bles
Betekenis:
• Wat hare op die kop verloor het.
Gebruik:
• Die man is al bles.
Spreekwoord:
• Hy lieg blink en bles. [Lieg baie erg.]
Vertaling:
Engels: blaze
Nederlands: bles
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|