Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aandeel
aandeel [boodskap #134846] Di., 01 Desember 2020 18:16
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24485
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aandeel
Afbreking: aan•deel


Selfstandige naamwoord: aandeel
Meervoud: aandele
Verkleinwoord: aandeeltjie
Meervoud van verkleining: aandeeltjies

Betekenis:
• 'n Gedeelte van iets groters.
• (ekonomie) Waardepapier as bewys van mede-eienaarskap van 'n onderneming.

Gebruik:
• Hy het 'n aandeel in die besigheid. Sy het 'n aandeel aan die gemors.
• Dit is 'n goeie aandeel wat goeie dividende lewer.

Afkorting:
• aand.

Afgelei:
• aandeelhouer
• aandeelhouding
• aandeelmakelaar
• aandeelprys

Vertaling:
Engels: part, portion, share
Nederlands: aandeel

Nota:
• Let op die verskil tussen "aandeel in" ('n deel besit) en "aandeel aan" (deels veroorsaak deur).

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aanbevole
Volgende onderwerp: aantygings
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Feb. 23 04:00:15 UTC 2026