sterrestelsel [boodskap #134725] |
Mon, 23 November 2020 16:23 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sterrestelsel
Afbreking: ster•re•stel•sel
Samestelling: sterre + stelsel
Selfstandige naamwoord: sterrestelsel
Meervoud: sterrestelsels
Verkleinwoord: sterrestelseltjie
Meervoud van verkleining: sterrestelseltjies
Betekenis:
• Stelsel van sterre, planete, mane, komete, asteroïde, gas, stof en donkermaterie wat om 'n gemeenskaplike swaartepunt wentel.
Gebruik:
• Ons eie sterrestelsel, die Melkweg, kan snags op donker plekke met die blote oog waargeneem word.
Sinoniem:
• galaksie
• melkwegstelsel
• newel
Vertaling:
Engels: galaxy, star system
Nederlands: sterrenstelsel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|