| haak-en-steek [boodskap #134724] |
Ma., 23 November 2020 16:12 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25822 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Haak-en-steek.
haak-en-steek
Afbreking: haak-en-steek
Selfstandige naamwoord: haak-en-steek
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Droogtebestande doringboom van Afrika met 'n plat of effens geronde kroon wat reguit en krom dorings dra, Vachellia/Acacia tortilis.
Gebruik:
• Die twee tipes dorings waarna die haak-en-steek vernoem is, is duidelik op die takkies sigbaar.
Afgelei:
• haak-en-steekbos
Vertaling:
Engels: umbrella thorn
Zoeloe: Umsasane
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|