Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » palm
palm [boodskap #134429] Thu, 05 November 2020 14:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21086
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Klein hand in die palm van 'n groot hand.
'n Klein hand in die palm van 'n groot hand.
'n Palm.
'n Palm.
palm
Afbreking: palm


Selfstandige naamwoord: palm
Meervoud: palms
Verkleinwoord: palmpie
Meervoud van verkleining: palmpies

Betekenis:
• (anatomie) Binnekant van die hand tussen die vingers en die pols; handpalm.
• (plantkunde) 'n Tropiese gewas van die familie Arecaceae; palmboom.

Gebruik:
• Hy sit met sy gesig in die palm van sy hand.
• Ons moet 'n palm by die swembad plant.

Spreekwoord:
• Iets soos die palm van jou hand ken. [Baie goed ken.]
• Iemand in die palm van jou hand hê. [Iemand in jou mag hê.]

Meroniem:
• palmblaar
• palmpit
• palmtak

Afgelei:
• palmbos
• palmhout
• palmlees
• palmolie
• palmversiering
• palmwyn

Vertaling:
Engels: palm; palmtree
Nederlands: palm

Nota:
• Vir die deelwoord van "palm in", sien inpalm, ingepalm.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: versteek
Volgende onderwerp: seilplank
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 25 21:02:35 UTC 2025