| meetkundig [boodskap #134278] |
Ma., 26 Oktober 2020 14:54 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24168 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Reëlmatige agtvlak is 'n meetkundige figuur.
meetkundig
Afbreking: meet•kun•dig
Uitspraak: /ˌmɪə̯tˈkœn.dəχ/
Byvoeglike naamwoord: meetkundig
Attributief: meetkundige
Betekenis:
• Wat op die meetkunde betrekking het.
Gebruik:
• Pythagoras was 'n meetkundige genie.
Sinoniem:
• geometries
Afkorting:
• meetk.
Vertaling:
Engels: geometrical
Nederlands: meetkundig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|