behoudend [boodskap #134029] |
Sat, 10 October 2020 08:31 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
behoudend
Afbreking: be•hou•dend
Byvoeglike naamwoord: behoudend
Vergrotende trap: behoudender
Oortreffende trap: behoudendste
Attributief: behoudende
Partitief: behoudends
Betekenis:
• Wat vashou aan ou en bestaande gebruike en waardes.
Gebruik:
• In sommige opsigte was die Oos-Duitse samelewing meer behoudend as dié van Wes-Duitsland.
Sinoniem:
• bewarend
• konserwatief
• reaksionêr
Antoniem:
• vooruitstrewend
• progressief
Afgelei:
• behoudendes
• behoudendheid
• behoudensgesind
Vertaling:
Engels: conservative
Nederlands: behoudend
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|