Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » blouwildebees
blouwildebees [boodskap #133636] Sa., 19 September 2020 20:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26291
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
'n Blouwildebees.
'n Blouwildebees.
blouwildebees
Afbreking: blou•wil•de•bees
Samestelling: blou + wildebees


Selfstandige naamwoord: blouwildebees
Meervoud: blouwildebeeste
Verkleinwoord: blouwildebesie
Meervoud van verkleining: blouwildebesies

Betekenis:
• 'n Groot wildsbok van van die oostelike en suidelike dele van Afrika met 'n blougrys pels, geboë horings en donker maanhare, Connochaetes taurinus.

Gebruik:
• Die blouwildebees lyk bykans dieselfde as die swartwildebees, maar is effens groter en het 'n swart stert.

Hiperoniem:
• wildebees

Afgelei:
• blouwildebeesbul
• blouwildebeeskoei

Vertaling:
Engels: blue wildebeest
Nederlands: blauwe gnoe
Xhosa: inkonkoni
Zoeloe: inkonkoni

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: swartwildebees
Volgende onderwerp: swartrenoster
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Aug. 27 18:38:25 UTC 2026