Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » swartwildebees
swartwildebees [boodskap #133635] Sa., 19 September 2020 20:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26536
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
'n Swartwildebees.
'n Swartwildebees.
swartwildebees
Afbreking: swart•wil•de•bees
Samestelling: swart + wildebees


Selfstandige naamwoord: swartwildebees
Meervoud: swartwildebeeste
Verkleinwoord: swartwildebesie
Meervoud van verkleining: swartwildebesies

Betekenis:
• 'n Groot wildsbok van die hoë velde van Suider-Afrika met 'n kenmerkende wit stert, Connochaetes gnou.

Gebruik:
• Die swartwildebees lyk bykans dieselfde as die blouwildebees, maar is effens kleiner en het 'n wit stert.

Hiperoniem:
• wildebees

Afgelei:
• swartwildebeesbul
• swartwildebeeskoei

Vertaling:
Engels: black wildebeest, white-tailed gnu
Nederlands: witstaartgnoe, zwarte gnoe

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: witaalbes
Volgende onderwerp: blouwildebees
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Sep. 18 23:31:01 UTC 2026