maalstroom [boodskap #133478] |
Sat, 12 September 2020 07:44 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
maalstroom
Afbreking: maal•stroom
Samestelling: maal + stroom
Selfstandige naamwoord: maalstroom
Meervoud: maalstrome
Verkleinwoord: maalstroompie
Meervoud van verkleining: maalstroompies
Betekenis:
• 'n Ronddraaiende stroom; water (of ander vloeistof) wat maal- en kolkbewegings maak.
• (figuurlik) Woelige en onrustige omstandighede; turbulente loop van gebeure.
Gebruik:
• Sterrekundiges het deur middel van infrarooi-fotografie gewys dat Saturnus 'n warm poolse maalstroom het.
• Sy beland in die maalstroom van 'n ongelukkige huwelik en 'n buite-egtelike verhouding, wat kort voor lank dreig om haar lewe uitmekaar te skeur.
Verwant:
• draaikolk
• maalgat
Vertaling:
Engels: aquatic vortex, whirlpool, maelstrom
Nederlands: maalstroom
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|