Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » maalstroom
maalstroom [boodskap #133478] Sa., 12 September 2020 07:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26651
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
maalstroom
Afbreking: maal•stroom
Samestelling: maal + stroom


Selfstandige naamwoord: maalstroom
Meervoud: maalstrome
Verkleinwoord: maalstroompie
Meervoud van verkleining: maalstroompies

Betekenis:
• 'n Ronddraaiende stroom; vloeistof wat maal- en kolkbewegings maak.
• (figuurlik) Woelige en onrustige omstandighede; turbulente loop van gebeure.

Gebruik:
• Die skip is deur 'n gevaarlike maalstroom meegesleur.
• Sy beland in die maalstroom van 'n ongelukkige huwelik en 'n buite-egtelike verhouding wat dreig om haar lewe uitmekaar te skeur.

Verwant:
• draaikolk
• maalgat

Vertaling:
Engels: whirlpool, maelstrom, aquatic vortex
Nederlands: maalstroom

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kelkblaar
Volgende onderwerp: massamedia
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Sep. 28 01:21:10 UTC 2026