Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » Ope brief aan Darren Aaanbieder by Mnet Super Sport
Ope brief aan Darren Aaanbieder by Mnet Super Sport [boodskap #13695] Wo, 01 April 1998 00:00
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dagsê Darren,

Ek het nou net na die petalje op Supersport gekyk waar jy jong seuns
konfronteer omdat hulle die ou Suid Afrikaanse vlag met trots by 'n sport
byeenkoms vertoon. Ek persoonlik dink dit het niks met jou of Mnet uit te
waai as dié vlag vertoon word nie. Sê my, die dinge wat jy die kinders
toegesnou het is dit jou siening of die van Mnet? en het die Suid
Afrikaanse krieket span jou gevra om met die kinders te gaan praat omdat
die vlag hulle spel beinvloed? Wat is jou probleem? Is jy bang of skaam
vir die vlag. Ek weet nie of jy 'n gebore Suid Afrikaner is of net nog 'n
oorloper wat jou rykdom hier kom soek nie, en dan nog die vermetelheid het
om jou mond uitespoel oor dit wat 'n groot getal Suid Afrikaners baie na
aan die hart lê. Ek is nie 'n rasis of 'n os wat desperaat aan die ou dinge
probeer vasklou nie, ek is 'n man wat onder daardie vlag baie van my
kamerade in 'n oorlog verloor het. 'n Oorlog waar ons te jonk was om te
stem, maar oud genoeg om te sterf. Ek het ook opgemerk dat die jong seuns
nie die enigstes was wat die vlag vertoon het nie. Daar wat 'n paar ander
harde baarde wat met die selfde trots die vlag rond gewaai het. Hoekom het
jy nie aan hulle ook 'n nuwe lands vlag gaan aanbied nie? Hoekom hulle nie
ook berispe omdat hulle die vlag vertoon nie? Ek sal jou sê hoekom nie. Net
soos in die verlede het ander papperds met swak gene en 'n geelstreep oor
die rug ook die sagte teikens van die volk aangeval naamlik die vroue en
kinders omdat hulle nie kans gesien het vir die vaders en eggenote van
hierdie vroue en kinders nie. Darren hou op om boete te doen en skaam te
wees vir jou wit vel en jou verlede.Probeer eerder om vrede as vyande te
maak en jy sal sien op die lange duur sal dit vir jou dalk net voordele
inhou.
Groete vir Naas

Arthur C Dodd
Vorige onderwerp: Kyk na my rugby site!
Volgende onderwerp: Re: Terwille van Rugby
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 09:55:22 MGT 2024