Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » Re: Terwille van Rugby
Re: Terwille van Rugby [boodskap #14442] Sa, 09 Mei 1998 00:00
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum skryf:

> En die vorige keer kon die mensvreters die wêreld oortuig dat hulle reg
> optree om mense te vreet, want hulle was kwansuis so honger en onderdruk.
> Hierdie keer staan ons 'n kans om hulle aan die kaak te stel vir wat hulle
> is.

Met die verskil dat 'die wêreld' nóg banger is vir die mensvreters, en
vooruit laat weet het hulle kom nie met die kos wat die gesin so na smag
nie, tensy stappe geneem word om die mensvreters van hulle weg te hou nie.
So, die gesin het gesit met die situasie dat die mensvreters nie alleen
dreig om hulle ook te eet nie, maar ook dat hulle self nie kos gaan hê nie,
en dus in elk geval gaan sterf van die honger.

Die 'wêreld' het duidelik ook nie lus gehad om op te tree teen die
mensvreters nie, want dit skeel hulle min as groot mensvreters klein mensies
eet nie. Solank klein mensvretertjies net nie groot mense eet nie.

Die gesin het al hierdie goed opgeweeg, en tot die gevolgtrekking gekom dat
Oupa onder die omstandighede opofferbaar is. As Oupa die man is wat hy
voorgee om te wees, sal hy maak soos Ouma gemaak het toe sy gesê het "oorlog
is oorlog" (ek hoop jy ken daai een).

(Die nuutste gerugte wil hê dat dit wel die geval is.)

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Terwille van Rugby [boodskap #14443 is 'n antwoord op boodskap #14442] Sa, 09 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Henri skryf:

> Oupa het natuurlik die geleentheid gehad om bosse toe te hardloop voordat
> die mensvreters by die huis opgedaag het, maar hy het vir die familie gesê,
> "moenie julle bekommer nie, ek weet hoe om met mensvreters te werk". En
> hulle het hom geglo. Tot hulle gesien het hoe groot en baie die mensvreters
> is, en die mensvreters begin dreig het om hulle ook te eet as hulle nie vir
> Oupa kan kry nie. Wat sou jy gemaak het?

Ek sou gesê het: Oupa, jy mag reg wees - jy is 'n ou skelm, en jy het
ervaring van die vorige keer toe ons deur die mensvreters beleër is. Dit was
hel, maar ons kan dit weer doen.

En die vorige keer kon die mensvreters die wêreld oortuig dat hulle reg
optree om mense te vreet, want hulle was kwansuis so honger en onderdruk.
Hierdie keer staan ons 'n kans om hulle aan die kaak te stel vir wat hulle
is.

>> Ek raai die president van die reserwebank is volgende.
> Terloops, ek dink hulle kan die president van die Reserwebank môre 'n pakket
> gee as hulle sou wou, of hoe?

Nee. Die onafhanklikheid van die Reserwebank word deur die grondwet
beskerm - net soos die onafhanklikheid van die regbank. Maar ons het
natuurlik onlangs verneem dat dit een van die redes is waarom die ANC 'n
tweederdemeerderheid in die verkiesing soek.

Groete, Leendert
Re: Terwille van Rugby [boodskap #14444 is 'n antwoord op boodskap #14442] Sa, 09 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum skryf:

> Want eintlik, Henri, is die beeld van die vragmotor wat op jou afjaag nie 'n
> goeie vergelyking nie.
>
> Wat ons hier het is 'n bende mensvreters wat dreig om jou huis te beleër, om
> jou water af te sny, en jou pad te versper as jy nie vrywillig uitkom om
> gevreet te word nie. Wat die helde van die rugbywêreld besig is om te doen
> is om vir die mensvreters te sê: "OK, vat vir Oupa. Hy's in elk geval 'n ou
> korrelkop met allerhande slegte gewoontes."

Op 'n manier is jy reg, Leendert, en ek dink ook die meerderheid van SARFU
verteenwoordigers het geswig voor die aankomende vragmotor. Miskien het
hulle gedink aan hulle vrouens en kinders saam in die motor, en soos jy sê
'n beter keuse gehad as Sophy in 'Sophy's Choice'.

Oupa het natuurlik die geleentheid gehad om bosse toe te hardloop voordat
die mensvreters by die huis opgedaag het, maar hy het vir die familie gesê,
"moenie julle bekommer nie, ek weet hoe om met mensvreters te werk". En
hulle het hom geglo. Tot hulle gesien het hoe groot en baie die mensvreters
is, en die mensvreters begin dreig het om hulle ook te eet as hulle nie vir
Oupa kan kry nie. Wat sou jy gemaak het?

> Ek raai die president van die reserwebank is volgende.

Terloops, ek dink hulle kan die president van die Reserwebank môre 'n pakket
gee as hulle sou wou, of hoe?

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Terwille van Rugby [boodskap #14445 is 'n antwoord op boodskap #14442] Sa, 09 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 9 May 1998 12:31:22 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

> Ek luister na die woordvoerders van die verskillende rugby unies - een na
> die ander verduidelik hulle dat hulle besluit het om "Dr Luyt te vra om te
> gaan terwille van Rugby".
>
Hulle moes hom al jare gelede gedwing het voor hy politiek daarvan
begin maak het. Hy is die rede waarom SA rugby so groot gemors is.
Vorige onderwerp: Ope brief aan Darren Aaanbieder by Mnet Super Sport
Volgende onderwerp: Terwille van Rugby
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 14:43:05 MGT 2024