Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » deaktiveer
deaktiveer [boodskap #132615] So., 09 Augustus 2020 12:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26377
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
deaktiveer
Afbreking: de•ak•ti•veer


Werkwoord: deaktiveer
Verlede tyd: het gedeaktiveer
Teenwoordige deelwoord: deaktiverend, deaktiverende
Verlede deelwoord: gedeaktiveerde

Betekenis:
• Om buite diens of buite werking te stel; deaktief maak; uit aksie haal.

Gebruik:
• Wetenskaplikes is op soek na 'n middel om die virus te inhibeer en te deaktiveer.
• As kos teen 0ºC gevries word, deaktiveer die mikrobes (bakterieë, gis en muf).

Sinoniem:
• afsit
• afskakel
• stop

Antoniem:
• aktiveer

Afgelei:
• deaktivering

Vertaling:
Engels: to deactivate, switch off
Nederlands: deactiveren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: So., 06 September 2026 16:05]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: aktiveer
Volgende onderwerp: rooibruin
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Sep. 06 19:00:48 UTC 2026