Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » boomskraap
boomskraap [boodskap #132497] Sat, 01 August 2020 20:02
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
boomskraap
Afbreking: boom•skraap
Samestelling: boom + skraap


Byvoeglike naamwoord: boomskraap
Attributief: boomskraap

Betekenis:
• Amper op; byna leeg (die laaste bietjie word van die bodem af geskraap).
• Sonder geld; bankrot; platsak.
• Maar moeilik; baie swaar.

Gebruik:
• Die Kaapse damme is boomskraap.
• Ek het my skuld gedelg en is nou heeltemal boomskraap.
• Dit gaan maar boomskraap na die operasie.

Spreekwoord:
• Dit het boomskraap gegaan. [Dit het swaar gegaan.]

Afgelei:
• boomskraapsel

Vertaling:
Engels: broke, penniless
Nederlands: blut

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bombardier
Volgende onderwerp: boendoehof
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 14:20:13 UTC 2025