Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » stiebeuel
stiebeuel [boodskap #132252] Sa, 18 Julie 2020 19:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20792
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Voet in die stiebeuel.
Voet in die stiebeuel.
stiebeuel
Afbreking: stie•beuel


Selfstandige naamwoord: stiebeuel
Meervoud: stiebeuels
Verkleinwoord: stiebeueltjie
Meervoud van verkleining: stiebeueltjies

Betekenis:
• (perdry) Metaalboog wat vastrapplek vir 'n perderuiter se voet bied.
• (anatomie) Gehoorbeentjie met 'n stiebeuelvorm.

Gebruik:
• Sy voet het in die stiebeuel vasgesit en die perd het hom 'n ent saamgesleep.
• Die trommelvlies dra die vibrasies na drie beentjies oor, naamlik die hamer (malleus), aambeeld (inkus) en die stiebeuel (stapes).

Spreekwoord:
• Die voet in die stiebeuel hê. [n Goeie pos hê met vooruitsig op bevordering.]

Sinoniem:
• ysterbeuel

Vertaling:
Engels: stirrup, footstall
Nederlands: stijgbeugel

Nota:
• Afgelei van stieg (d.i. styg) + beuel.
• Kyk ook: stiegriem.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: strafskop
Volgende onderwerp: stiegriem
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Nov 25 11:20:55 MGT 2024