fakkel [boodskap #132086] |
Sat, 11 July 2020 10:43 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
fakkel
Afbreking: fak•kel
Selfstandige naamwoord: fakkel
Meervoud: fakkels
Verkleinwoord: fakkeltjie
Meervoud van verkleining: fakkeltjies
Betekenis:
• Staaf of stok wat aan die bokant in 'n brandbare stof gedrenk is, brandend sorg dit vir beligting.
Gebruik:
• Die aflos met die Olimpiese fakkel is vanaf Athene, deur die Himalaja, na Beijing geneem.
Afgelei:
• fakkeldraer
• fakkellig
• fakkelloop
• fakkeloptog
• fakkelsein
Vertaling:
Engels: torch
Nederlands: fakkel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|