Betekenis:
• (gereedskap) Werktuig met 'n lang steel en swaar kop waarmee gekap en geslaan word.
• (anatomie) Een van die gehoorbeentjies van die middeloor.
• 'n Onderdeel van 'n klavier wat die snare tref wanneer die toetse gedruk word.
• Die meganisme van 'n vuurwapen wat die slagdop tref en koeël laat ontbrand.
Gebruik:
• Hy probeer die hamer op die spyker se kop te slaan, maar tref sy duim.
• Die hamer speel 'n belangrike funksie by die oordrag van klank in die oor.
• Wanneer die hamers nader aan die snare is, sal die klavier sagter speel.
• Wanneer die sneller getrek word, ontkoppel die hamer van die glipnok, beweeg dit vorentoe, en tref die slagdoppie wat die wapen afvuur.
Spreekwoord:
• Hy is nou tussen hamer en aambeeld. [Tussen twee groot moeilikhede.]
• Altyd op dieselfde aambeeld hamer. [Tot vervelens toe oor dieselfde onderwerp praat.]
Betekenis:
• Om met 'n hamer te kap; inslaan.
• Om swaar nadruk op iets te lê.
Betekenis:
• Die timmerman hamer 'n paar spykers deur die plank.
• Die onderwyseres het so op die onderwerp gehamer dat die kinders 'n paar vrae daaroor verwag het.
Vertaling:
Engels: to hammer
Nederlands: hameren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.